Babbelgum vir die Siel
10 Eienskappe van n ware vriendin─── 08:26 Sun, 22 Jul 2012

Sy laat jou voel jy weeg 58 kg terwyl jy 85 kg weeg.
Sy laat jou 26 voel terwyl jy 46 is.
Sy laat jou belangrik voel soos Donald Trump se PA terwyl jy eintlik net jou man se PA (persoonlike aija) is.
Sy is die een wat die woord "nie" uitvee wanneer jy sê " ek kan nie".
Sy is die een wat jou eerste traan afvee, tweede een vang en seker maak die derde een gebeur nooit.
Sy is die een wat jou laat glo daar is ‘n Jesus, dat Hy jou liefhet en jou pyn en trane sien terwyl jou geloof laer is as die temperatuur in Ysland.
Sy is die een wat wanneer dit winter in jou hart is, die koue en donker verdryf met haar sonnige geaardheid en Jesusliefde wat ‘n warmte en lig uitstraal en jou die reënboog na die storm laat sien.
Sy is die een wat jy weet jy jou hart by kan leegmaak, want sy luister met oop ore en ‘n toe mond.
Sy is die een wat jou soos Angelina Jolie laat voel, selfs wanneer jy eerder soos Daisy de Melker lyk.
Sy is die een wat jou laat voel jy doen haar ‘n guns om haar vriendin te wees, terwyl sy jou eintlik die guns doen.
As jy so iemand het in jou lewe, hou vas, want God het jou geseën met ‘n pêrel uit Sy Koninkryk.