Local News
Welkom tref-en-trap-voorval: Pa praat oor seun se dood─── SABRINA DEAN 06:48 Tue, 11 Nov 2014
Welkom - Die pa van 'n Welkomse man wat die naweek in 'n tref-en-trap-voorval dood is, sê hy besef nou eers die wye invloed wat sy seun op mense se lewens gehad het.
Adam van der Merwe sê hy, sy vrou en sy skoondogter, wat net meer as 'n jaar gelede met sy seun Wimpie getrou het, is heeltemal verpletter na die agt-en-twintig-jarige se ontydige dood.
Hy beskryf Wimpie as iemand wat alles sou doen om ander mense te help.
Hy beskryf Wimpie as iemand wat alles sou doen om ander mense te help.
Wimpie is omstreeks 23:00 Vrydagaand deur 'n swart motor raakgery op die sogenaamde Bundu Lodge-pad in die rigting van Odendaalsrus. Die voertuig het van die toneel af weggejaag.
Volgens Van der Merwe is die voertuig intussen as 'n swart Ford Kuga geïdentifiseer.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Stephen Thakeng het die voorval bevestig en sê geen arrestasies is nog gemaak nie.
Volgens Van der Merwe is die voertuig intussen as 'n swart Ford Kuga geïdentifiseer.
Vrystaatse polisiewoordvoerder Stephen Thakeng het die voorval bevestig en sê geen arrestasies is nog gemaak nie.
Sabrina Dean, Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Adam van der Merwe :
