National
Losloper leeu gesien─── 08:44 Sun, 14 Jun 2015
Beaufort Wes - Die mannetjiesleeu wat meer as 'n week gelede uit die Karoo Nasionale Park, naby Beaufort Wes ontsnap het, is opgemerk deur lede van die soekspan.
Hy speel egter nog kat en muis met selfs die mees gesoute spoornsyers wat by die soektog aangesluit het.
SANparke se streeks-kommunikasiebestuurder Fayroush Ludick het aan Algoa FM gesê die leeu is heelwaarskynlik deur ouer mannetjies uitgedryf en het ná swaar reën, deur 'n gat onder 'n heining uitgeglip.
AlgoaFM Nuus
SANparke se streeks-kommunikasiebestuurder Fayroush Ludick:
