Agri Hour
DA vra deeglike ondersoek ná #VredeDairy-begunstigde se moord─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:58 Tue, 23 Oct 2018

Die DA in die Vrystaat het ‘n ernstige beroep op die polisie gedoen om die moord op 'n begunstigde van die omstrede Vrede-suiwelprojek deeglik te ondersoek en spoedig vas te stel wat die werklike motief vir die moord is.
Dit kom nadat Philemon Ngwenya se lyk Vrydag in sy huis buite Vrede gekry is. Ngwenya is erg aangerand. ‘n DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê ‘n deeglike ondersoek is nodig om vas te stel of Ngwenya se moord verband hou met dié projek wat in groot omstredenheid gehul is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat…
Dit was DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, op OFM. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn wanneer Jankielsohn verder praat oor die verskeie ondersoeke met betrekking tot dié projek.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus