On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Byeboerdery kan winsgewend wees

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 24 Mar 2021

Byeboerdery kan winsgewend wees | News Article
Foto: Wikimedia Commons

Byeboerderye kan winsgewend wees, maar dit kos harde werk en passie.

So sê Jana du Plessis, ‘n suksesvolle byeboer uit Keimoes in die Noord-Kaap. 

Sien onderstaande PODCAST

Du Plessis sê boere maak egter nie geld op net tien kaste heuning nie. Sy beskryf hierdie tien kaste as ‘n stokperdjie en sê 100 kaste heuning sal goeie geld inbring vir die boer, “maar as jy 5 000 kaste heuning het – dan is dit jou besigheid. Dan maak jy baie geld”.

Sy sê om hierdie boerdery te begin kan duur uitwerk, aangesien verskeie gereedskap en toerusting soos, onder meer, ‘n rook-kan, oorpakke en byekorwe gekoop moet word. Sy voeg egter by dat alhoewel dit ‘n duur besigheid is om te begin, is dit die moeite werd.

Sy waarsku ook dat voornemende byeboere ‘n passie moet hê vir hierdie tipe boerdery en ook tyd moet kan maak om die boerdery te maak werk.

Du Plessis sê boere moet ook natuurrampe soos droogte en swaar reën in ag neem omdat dit buite hulle beheer is en daarom moet hulle ag hierop slaan. Daarmee saam deel sy dat sy baie byekorwe verloor het weens die onlangse swaar reënval sowel as die voortdurende droogte in dele van die provinsie. As gevolg hiervan, moet hulle nou koninginne teel sodat hulle hulle swerms kan vermeerder vir die volgende seisoen se bestuiwings wat hulle moet doen.

OFM-nuus het vroeër berig dat Du Plessis, wat op ‘n familieplaas in Keimoes gebore is, reeds as boer verskeie toekennings ontvang het. Sy is in 2007 bekroon as provinsiale boervrou van die jaar en het weer hierdie toekenning in 2011 en 2018 op nasionale vlak verower.

Diegene wat meer wil weet oor hoe om ‘n suksesvolle byeboerdery te begin, kan Du Plessis gerus kontak by 072-556-4203 of stuur ‘n epos na janavankeimoes@gmail.com.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.