Agri Hour
Bek-en-klouseer: China en Indië voer steeds Suid-Afrikaanse wol in─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:38 Wed, 16 Jan 2019
Die wolbedryf word ook geraak deur die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik in die verre noordelike deel van Limpopo.
Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se uitvoerende hoof, Leon de Beer, sê ondanks ‘n verbod op die uitvoer van produkte van diere met ‘n gesplete hoef, wat skape, beeste, bokke, varke en wild insluit, is daar egter lande wat nog Suid-Afrikaanse wol invoer.
Dit kom nadat die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid (OIE) weens die uitbreking van dié virrussiekte Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het.
De Beer was onder belanghebbendes in die rooivleisbedryf wat Maandag in Pretoria vergader het om die situasie te bespreek.
Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwane, was ook teenwoordig.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag...
Dit was die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, se uitvoerende hoof, Leon de Beer.
OFM-nuus
