On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Die Departement van Landbou vorder ná bek-en-klouseer-gevalle in Limpopo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:42 Wed, 16 Jan 2019

Die Departement van Landbou vorder ná bek-en-klouseer-gevalle in Limpopo | News Article

Die Nasionale Dieregesondheidsforum sê daar is geen rede tot paniek rakende Suid-Afrika se uitvoerstatus nie nadat bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het.


Dié forum se besturende direkteur, Pieter Vervoort, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye pas beheermaatreëls toe en daar is reeds met inenting van beeste begin. Die presiese getal beeste wat positief vir bek-en-klouseer getoets het, is ook nog nie deur die departement bekendgemaak nie.

Daar is wel tussen 10 000 en 15 000 diere wat geraak word, maar dít beteken nie dat al dié diere positief getoets het nie, sê hy. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vervoort gepraat.



Dit was Pieter Vervoort, die besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum op OFM. Skakel Donderdagoggend in wanneer Vervoort verder gesels oor Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status en uitvoer.  


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.