On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:28 Thu, 17 Jan 2019

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher? | News Article
Foto: OFM

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher praat oor die impak van die erge droogte in ‘n groot deel van die land, asook die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo op die Suid-Afrikaanse graan- en veebedryf.  Hy praat oor die moontlikheid om lewende hawe op marginale saaigrond te vestig. 

Volgens hom is dit ‘n opsie om te oorweeg, maar daar is duidelike beperkte faktore, waaronder die gebrek aan likiditeit ná dié oorskakeling. Dit sluit in die vestiging van weiding en die aankoop van diere vir dié nuwe produksiestelsel. “Die omskakeling van marginale saaigrond is dus die regte strategie, maar beskostigbaarheid rem die toepassing daarvan,” sê hy.



Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-news


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.