On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Dieselskenking nog ‘n stap om sekere Bultfontein-boere te ondersteun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:41 Mon, 21 Jan 2019

Dieselskenking nog ‘n stap om sekere Bultfontein-boere te ondersteun | News Article
Bultfontein dieselskenking FOTO: Volla du Plessis

Meer as 70 boere, wat lede is van die Bultfontein-bewusmakingskomitee, het Vrydag 'n reuse-dieselskenking ontvang, danksy John Deere en die projek Droogtehulp met Burre Burger.


Volgens Burger,  die stigter van dié projek wat in Maart 2017 van stapel gestuur is, het John Deer R700 000 vir dieselaankope geskenk. Hy sê nog geld is uit dié projek se fonds vir aankope gebruik.  Volgens Burger is veevoer ter waarde van sowat R86 miljoen al aan boere geskenk wat regoor Suid-Afrika in nood is.

Die Bultfonteinse bewusmakingskomitee is verlede jaar gevorm omdat boere in dié gebied geldelik sukkel, weens verskeie faktore soos onder meer die voortslepende droogte.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Burger gesels pas nadat hy verlede week in Bloemfontein aangekom het…



Dit was Burre Burger, die stigter van die projek, Droogtehulp met Burre Burger.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.