Agri Hour
Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf ‘n ‘perfekte storm’─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:58 Wed, 23 Jan 2019
Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, sê die bek-en-klouseer uitbreking in die Vhembe kommunale-gebied in Limpopo kom op ‘n tyd waar produsente in baie gebiede van Suid-Afrika onder erge droogte gebuk gaan.
Voer-en-mieliepryse is hoog en produsente is onder geweldige geldelike druk.
Dit alles het ‘n negatiewe effek op primêre rooivleisprodusente, veral ten opsigte van die prys van speenkalwers. “Ons sit nou met ‘n perfekte storm,” sê hy.
OFM-nuus het met die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst, gepraat…
Dit was die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst slegs op OFM. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus
