On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Vorderingsverslag verwag oor SA se uitvoeregeleenthede ná bek-en-klouseeruitbraak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Thu, 24 Jan 2019

Vorderingsverslag verwag oor SA se uitvoeregeleenthede ná bek-en-klouseeruitbraak | News Article

Die taakspan wat saamgestel is om met Suid-Afrika se handelsvennote te kommunikeer oor die uitvoer van produkte van diere met gesplete hoewe nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het, is in die proses om met die betrokke lande te onderhandel.


Dit kom nadat Suid-Afrika van sy bek-en-klouseer vrye status gestroop is en die uitvoer van dié produkte tydelik gestaak is. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, sê meer besonderhede oor dié komiteee se vordering word later vandeesweek verwag. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nkwanyana gepraat…    



Dit was die  Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) se woordvoerder, Khaye Nkwanyana.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. 


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.