Agri Hour
Hof beslis dat polisie grondbesetters van landbougrond in Noordwes móét verwyder─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:28 Fri, 25 Jan 2019
Nóg ‘n voorval waarin grondbesetters toegeslaan het op landbougrond in die De Wildt-gebied in Noordwes het in die hof gedraai.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, se Ian Cameron sê die grondeienaars het egter dié rondte gewen nadat besetters onlangs landbougrond in dié gebied onwettig beset het. Cameron sê dié organisasie het die grondeienaars van die kleinhoewe bygestaan en ‘n dringende hofaansoek by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien waarin die polisie nou deur die hof verplig word om die besetters van die landbougrond te verwyder.
Dit nadat AfriForum bykans drie weke al spook om die plaaslike polisie se samewerking in dié verband te kry. Die polisie wou nie 'n betredingsklag aanhangig maak nie.
Cameron sê pres. Cyril Ramaphosa vertel leuens aan die wêreld oor grondgrype en dat dit nie in Suid-Afrika bestaan nie. Ramaphosa neem ook sterk standpunt in dat die polisie sal optree indien grondgrype wel plaasvind, maar in die voorval in die De Wildt-gebied het die Mmakau-polisiekantoor versuim om op te tree, sê hy.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Cameron gepraat…
Dit was Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.
OFM-nuus
