Agri Hour
Rooivleisprodusente sukkel om kop bo water te hou - droogte eis sy tol─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:44 Mon, 28 Jan 2019

Rooivleisprodusente is onder druk en dit is moeilik om kop bo water te hou.
Dit is volgens 'n veeboer van die Oos-Vrystaat, André Ferreira, wat meen weens die situasie in die rooivleisbedryf, wat meestal veroorsaak word deur die voortslepende droogte, is die rimpeleffek groot. Produsentepryse is swak, die speenkalwerprys, wat tans wissel tussen R24 en R27 per kg het gedaal, wat daartoe bydra dat produsente en voerkrale nou meer as R1000 gaan moet opdok om kalwers af te rond.
Hy sê dit is 'n siklus waardeur die bedryf gaan en die uitdaging lê daarin om deur dié siklus te kom.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Die was André Feirreira, 'n rooivleisprodusent van die Oos-Vrystaat, op Before Dawn.
OFM-nuus