Agri Hour
Agri SA droogteverslag: Boere ly aan depressie en angs weens droogte-uitdagings─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Tue, 29 Jan 2019
Agri SA het ‘n droogteverslag bekendgestel waarin die stand van die droogtesituasie in provinsies oor die land heen uitgelig word.
Dit kom nadat Agri SA 'n opname in Desember verlede jaar onder sy lede gedoen om die impak vas te stel wat droogte op boerderye en werkskepping oor die land heen het. Luidens die verslag het die landboubedryf al sowat R7 miljard in omset weens die voortslepende droogte in groot dele van Suid-Afrika verloor. Daarmee saam was daar sedert Januarie verlede jaar 'n verlies van sowat 31 000 werksgeleenthede in provinsies weens die droogte.
Die verslag toon verder dat boere in ‘n geldelike krisis is en meer as die helfte van hulle ly onder meer aan depressie en angs, weens die uitdagende werklikhede van die droogte.) OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van de Rheede, gepraat…
Dit was Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn wanneer Rheede verder praat oor die impak van die droogte op gewasse asook die vleisbedryf en inflasie.
Luister na Gerben van Niekerk op Before Dawn weeksdae van 05:00 tot 06:00.
OFM-nuus
