Agri Hour
Graan SA streeksvergadering in droogtegeteisterde Noordwes-gebied gehou─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:34 Tue, 29 Jan 2019
‘n Saaiboer en streeksverteenwoordiger van Graan SA in die Kleinharts, Ottosdal en Sannieshof-gebied, Niel Rossouw, sê boere in dié gebiede is ook met hul rug teen die muur weens die droogte.
Hy sê daar is boere wat laat mielies aangeplant het nadat hulle vroeër vanjaar reën gehad het, maar weens die bloedige hitte en geen opvolgreën loop hulle nou die gevaar om hul oeste te verloor.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat oor ‘n Graan SA streeksvergadering wat vandeesweek plaasvind en hoe boere daarby gaan baatvind…
Dit was Niel Rossouw, ‘n boer van die Kleinhartsgebied in Noordwes.
OFM-nuus
