On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Droogtesituasie raak Suid-Afrikaanse bedrywe negatief

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:14 Wed, 30 Jan 2019

Droogtesituasie raak Suid-Afrikaanse bedrywe negatief | News Article
FOTO: OFM

Die droogtesituasie in verskeie provinsies, insluitende die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap, die Vrystaat en Noordwes het 'n wesenlike impak op plaaslike landboubedrywe.


Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê die vrugtebedryf word geraak omdat besproeiingskwotas besnoei is. Minder vrugte word gelewer en daarmee saam is daar minder werksgeleenthede wat talle in die gemeenskap sonder ‘n inkomste laat.

Volgens hom het die droogte ook ‘n negatiewe impak op graan- en rooivleisbedrywe. Hy sê Suider Afrika benodig 11 miljoen ton mielies en Suid-Afrika gebruik sowat agt miljoen ton mielies en as dit nie gelewer kan word nie, is daar probleme, veral omdat mielies die basis van die hele voedselketting vorm.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Rheede gepraat…



Dit was Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.