Agri Hour
Opvolgreën kom net betyds vir boere in sekere Vrystaat-gebiede─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:20 Thu, 31 Jan 2019
Reën in verskeie droogtegeteisterde gebiede in die Vrystaat en dele van Noordwes, het vandeesweek hoop vir boere gebring.
'n Saaiboer, wat tussen Hoopstad en Wesselsbron in die Vrystaat boer, Chris Schoonwinkel, sê 'n goeie bui reën het Dinsdagmiddag in dié gebied uitgesak. Schoonwinkel, wat laat Desember ná dit gereën, mielies aangeplant het sê na dit Dinsdag goed gereë het, sien die situasie vir sy mielieaanplantings beter daarna uit.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Dit was Chris Schoonwinkel 'n Vrystaatse saaiboer wat tussen Hoopstad en Wesselsbron boer. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture, en Before Dawn.
OFM-nuus
