Agri Hour
Sommige boere wag nog angstig op reën─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:24 Thu, 31 Jan 2019
Terwyl sommige boere jeug oor goeie reënneerslae, wat vandeesweek in sekere gebiede in die noordwestelike deel van die Vrystaat voorgekom het, wag boere in gebiede in die westelike deel van dié provinsie steeds angstig op reën.
Pieter Brink, 'n skaapboer wat tussen Reddersburg en Smithfield, boer sê dié gebied het nog bitter min reën gehad en die situasie is nou kritiek.
Hy sê as dit nie binnekort goed reën nie lê daar 'n baie moeilike winter voor, waarin hy sy kudde sal moet voer, terwyl die hoë mielieprys boere nou al kniehalter.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Brink gepraat...
Dit was Pieter Brink 'n skaapboer van wat tussen Reddersburg en Smithfield in die Vrystaat boer.
OFM-nuus
