Agri Hour
Veediefstalhulplyn ‘n stap nader aan misdaadbekamping─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Mon, 04 Feb 2019
‘n Veediefstal-hulplyn is deur Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat, in werking gestel.
Die hulplyn het ten doel om veediefstal in die landelike beveiligingstrategie te bekamp en boere te ondersteun met die proses om verklarings by die polisie in landelike gebiede af te lê. 'n Veiligheidsrisiko-analis van VL, Jane Buys, sê dié insiatief is in oorleg met die polisie aangepak in ‘n poging om ’n groter ondersteunende rol te speel in die bekamping van veediefstal.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Buys gepraat...
Dit was Jane Buys,‘n veiligheidsrisiko-analis van VL wat ‘n veediefstal-hulplyn in die provinsie in werking gestel het. Net weer, die hulplynnommer is, 086 199 9300. Skakel Vrydagoggend in van 05:00 tot 06:00 wanneer Buys in die Before Dawn-ateljee kom kuier en meer vir ons gaan vertel oor die veediefstalsituasie in die Vrystaat.
OFM-nuus
