Agri Hour
Meer koringaanplantings in westelike produksiegebied ‘n opsie, maar daar is uitdagings─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:47 Mon, 04 Feb 2019
Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het sy eerste voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2019 vrygestel.
Daarmee saam het die NOK ook ‘n oppervlakteskatting en die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2018 vrygestel.
Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,799 miljoen ton. Dit is 1,74% minder as die vorige skatting van 1,83 miljoen ton. Die verwagte opbrengs is 3,57 ton per hektaar. In die Vrystaat is 100 000 hektaar koring verlede jaar aangeplant, met 38 000 hektaar in die Noord-Kaap en 14 000 hektaar in Noordwes.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met ‘n ekonoom van Graan SA (GSA), Luan van der Walt, gepraat oor verwagte koringaanplantings dié seisoen in die westelike produksiegebiede van Suid-Afrika.
Dit was Luan van der Walt, ‘n ekonoom van Graan SA (GSA), slegs op Before Dawn. Om weer na hierdie en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
