Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:35 Thu, 07 Feb 2019
OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Laubscher sê die oproep tot verbruikers om munt te slaan uit die laer vleispryse deur meer te verbruik, is goed, maar daar is ‘n legio slaggate. Volgens hom is die negatiewe korrelasie tussen vraag en pryse bekend en daarmee saam moedig laer pryse verhoogde verbruik aan. Die verbruiker se inkomste in die meeste gevalle het min beweegruimte as dit kom by veranderde besteding en hulle koop nie sommer maklik slegs omdat pryse laer is nie.
Verbruik bly in talle gevalle dieselfde in terme van per kapita-verbruik en die geld wat “loskom”, omdat dieselfde hoeveelheid rooivleis en minder kos gebruik word om meer van ander produkte te koop.
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie insetsel te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
