On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Before Dawn-ateljeegesprek: Veediefstal-hulplyn in plek vir boere in die Vrystaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:47 Fri, 08 Feb 2019

Before Dawn-ateljeegesprek: Veediefstal-hulplyn in plek vir boere in die Vrystaat | News Article
Jane Buys van Vrystaat Landbou kuier op Before Dawn. Foto: OFM

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, en Vrystaat Landbou (VL) se veediefstal-hulplyn is in dié provinsie in werking gestel.


Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-analis van VL en Johann Stadler, voorsitter van die RPO se provinsiale veediefstalvoorkomingsforum, was Vrydagoggend gaste op OFM se landbouprogram, Before Dawn. 

Die veediefstalsituasie, asook dié hulplyn, gaan onder die loep kom. Dié hulplyn het ten doel om veediefstal in die landelike beveiligingstrategie area te bekamp en boere te ondersteun met die proses om verklarings by die polisie in landelike gebiede af te lê.

OFM se Gerben van Niekerk het met Buys, wat 'n ateljeegas was, en Stadler wat op die lyn was, gesels...



Dit was Jane Buys, 'n veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL) en Johann Stadler, voorsitter van die RPO se provinsiale veediefstalvoorkomingsforum, wat met OFM se Gerben van Niekerk gepraat het.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.