On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Verskeie Vrystaat-boere jubel oor reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Tue, 12 Feb 2019

Verskeie Vrystaat-boere jubel oor reën | News Article

Verskeie boere in die sentrale deel van die Vrystaat het goeie opvolgreën et ope arms verwelkom.


Laurens Schlebush van die Geluksdam-landbouvereniging in die Bloemfontein-distrik, sê hy het sowat 40mm die afgelope naweek op sy plaas, wes van die stad, in die rigting van Jagersfontein gehad. Volgens Schlebush was daar sover dié seisoen groot uitdagings in terme van min reën en hittegolftoestande.

Hy kon mielies aanplant ná goeie reën in Januarie vanjaar, maar dié aanplantings was aansienlik minder teenoor aanplanting in vorige jare. Schlebush het meer sonneblom aangeplant, en die afgelope naweek se reën is goed vir dié aanplantings. Hy is egter bekommerd oor swak veldgroei.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was Laurens Schlebush, ‘n boer van die Geluksdam-landbouvereniging in die Bloemfontein gebied.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.