Agri Hour
Noord-Kaapse veeboere verkoop teelkuddes weens #Droogte─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:59 Wed, 13 Feb 2019
Boorgate op plase in droogtegebiede in die Noord-Kaap het opgedroog.
Brand du Toit, voorsitter van die Williston-landbouvereniging, sê weens baie lae reënvalsyfers die afgelope paar jaar in dié gebied, is daar watertekorte en boere verkoop nou hul teelkuddes om veevoer te bekom sodat hulle van hul kuddes kan behou. Die boere is dankbaar vir veevoerskenkings, en hoop dat die regering se plan om ‘n droogterampfonds op die been te bring wel vinnig realiseer.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Toit gepraat…
Dit was Brand du Toit, voorsitter van die Williston-landbouvereniging in die Noord-Kaap.
OFM-nuus
