Agri Hour
Meer werksgeleenthede deur landboubedryf geskep─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:15 Thu, 14 Feb 2019
Landbou is een van die bedrywe, wat volgens Statistiek Suid-Afrika se indiensnemingspeiling vir die vierde kwartaal van 2018, ‘n toename in indiensneming getoon het.
Daar was 7 000 meer werksgeleenthede in dié laaste kwartaal verlede jaar teenoor die derde kwartaal se altesaam 842 000 werksgeleenthede. Wandile Sihlobo, ‘n landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz, sê dié toename is gerusstellend veral in ‘n tyd waar Suid-Afrika strategieë ondersoek om werkskepping in dié bedryf te ontsluit.
Die peiling toon Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het met 0,4 van 'n persentasiepunt tot 27,1% afgeneem en die werkende bevolking het in die vierde kwartaal met 149 000 of 0,4% toegeneem teenoor die derde kwartaal van 2018.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Sihlobo gepraat.
Dit was Wandile Sihlobo, ‘n landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz.
OFM-nuus
