Agri Hour
Daar's hoop dat Suid-Afrika weer wol na China gaan uitvoer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Tue, 19 Feb 2019
China het die invoer van Suid-Afrikaanse wol tydelik gestaak.
Dit kom nadat die bek-en-klouseer virussiekte in Januarie in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het, waarna die internasionale organisasie vir dieregesondheid, oftewel die OIE, Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het. Die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, NWKV, se algemene bestuurder, Leon de Beer, sê daar word reeds op regeringsvlak met betrokkenes in China onderhandel sodat dié land weer die invoer van Suid-Afrikaanse wol toelaat. Hy sê dit gaan ‘n groot slag vir die Suid-Afrikaanse wolbedryf wees indien die situasie nie spoedig opgelos word nie…
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Beer gepraat…
Dit was die algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, Leon de Beer.
OFM-nuus
