On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Die Vrystaatse regering skroom nie om boere te ondersteun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:38 Wed, 20 Feb 2019

Die Vrystaatse regering skroom nie om boere te ondersteun | News Article
Lukas Veli, 'n bestaansboer van Bultfontein FOTO: OFM-nuus

Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, wil die Vrystaat ‘n provinsie maak wat boere bemagtig en jongmense help om in die landboubedryf betrokke te wees.


Ntombela het Dinsdag in haar provinsiale rede in Bloemfontein verwys na ‘n vrugtevolle vergadering wat sy verlede Donderdag met kommersiële en bestaansboere in Bultfontein gehad het. Ntombela en die LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Benny Malakoane, het die gebied besoek op uitnodiging van georganiseerde landbou om hulself te vergewis van die droogtetoestande.

Ntombela het verder in haar provinsiale rede ‘n beroep op Malakoane gedoen om te reageer op die behoeftes van opkomende boere in die provinsie en dat sy sal voortgaan om goeie verhoudings met plaaslike boere te bou sodat hulle die regering kan help om kos te produseer.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Ntombela se besoek verlede week aan Bultfontein bygewoon en met ‘n bestaansboer van die gebied, Lukas Veli, gepraat oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar…



Dit was Lukas Veli, ‘n bestaansboer van die Bultfontein-gebied, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.