Agri Hour
#DA Landelike veiligheid nie ‘n kwessie vir regering in Noordwes─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:41 Wed, 20 Feb 2019
Die DA in Noordwes sê hy is teleurgesteld in premier Job Mokgoro wat nie in sy provinsiale rede verwys het na die landboubedryf en die regering se plan om dit te bevorder nie.
Leon Basson, DA-kiesafdelingshoof van Madibeng, sê Mokgoro het ook geen melding gemaak oor die onveilige situasie waarin boerederygemeenskappe in landelike gebiede hulself bevind nie. Dit kom nadat die DA al op verskeie geleenthede die regering versoek het om aandag daaraan te skenk. ‘n Protesoptog is selfs verlede Vrydag gehou. Basson sê dit is duidelik dat die regering nie ag daarop slaan nie, want 48 uur ná die optog is ‘n boer op sy plaas naby Brits in ‘n oor-en-weer skietery tussen hom en drie aanvallers gewond.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Basson gepraat…
Dit was Leon Basson, DA-kiesafdelingshoof van Madibeng in Noordwes.
OFM-nuus
