Agri Hour
Landboubedryf wil help om elektrisiteit op te wek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:44 Wed, 20 Feb 2019
Georganiseerde landbou kan ‘n bydrae lewer tot elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika wat tans onder druk is.
Agri SA meen sy lede het die vermoë om elektrisiteit deur sonkragopwekking te verskaf en kan sodoende beurtkrag voorkom.
Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, Requier Wait, sê daar is reeds 'n paar sonkragstelsels in die landboubedryf wat in werking is, maar daar is ‘n uitdaging rondom die regulasies en prosesse van die verbinding van die stelsels.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wait gepraat…
Dit was Requier Wait van Agri SA.
