Agri Hour
Huldeblyke stroom in vir voormalige RPO-voorsitter in die Vrystaat─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:21 Tue, 26 Feb 2019
‘n Groot gees in die rooivleisbedryf, veral in die Vrystaat, André Ferreira, is die naweek in ‘n hospitaal in Bethlehem oorlede ná sy stryd teen kanker.
Ferreira het tussen Bethlehem en Lindley geboer en was vir meer as twee dekades verbonde aan die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat. Koos van der Ryst, voorsitter van die nasionale RPO, sê Ferreira was ‘n vriend van boere en dié bedryf in geheel, en hy sal voorwaar gemis word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met van der Ryst gepraat…
Dit was Koos van der Ryst, voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO, slegs op Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
