Agri Hour
Daar's altyd lig aan die einde van die tonnel, meen leierboer in laaste OFM-onderhoud voor sy dood─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:27 Tue, 26 Feb 2019
‘n Vrystaatse veeboer en ‘n bekende in die plaaslike rooivleisbedryf, André Ferreira, is die naweek in die ouderdom van 58 aan kanker oorlede.
Ferreira, was die voormalige voorsitter van die RPO in die Vrystaat en het in Januarie vanjaar, in ‘n onderhoud met OFM-nuus, sy sieninge as produsent oor die rooivleisbedryf, wat swaar trek weens die droogte, swak produsentepryse en die daling van veral die speenkalwerprys, gelug.
Hy het gesê rooivleisprodusente is onder druk maar dit is 'n siklus waardeur die bedryf gaan. Die uitdaging lê daarin om deur dié siklus te kom “Daar is altyd lig aan die einde van die tonnel,” het hy gesê.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Dit was wyle André Ferreira, voormalige voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat, wat in Januarie met OFM-nuus gepraat het.
OFM-nuus
