On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Meer as 10 000 bale wol op nasionale wolveiling aangebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:32 Wed, 27 Feb 2019

Meer as 10 000 bale wol op nasionale wolveiling aangebied | News Article
FOTO: OFM

Daar word vandeesweek 13 000 bale wol op die weeklikse nasionale wolveiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap aangebied.


Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, NWKV, sê in Suid-Afrikaanse terme is Woensdag se veiling 'n redelike groot veiling, maar dit is nie ‘n massiewe hoeveelheid wol wat aangebied word nie. Dié veiling vind vandeesweek weer plaas nadat betrokkenes in die bedryf besluit het om dit verlede week uit te stel, omdat China wolinvoer stopgesit het. Dit is weens die bek-en-klouseer uitbreking in die Vhembe-distrik in Limpopo in Januarie vanjaar. Guillau sê onderhandelinge met China, wat 70% van alle Suid-Afrikaanse wol aankoop, vind op ‘n hoë vlak plaas.

 ‘n Afvaardiging beoog ook om China te besoek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Toit gepraat…



Dit was Guillau du Toit voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, NWKV.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.