Agri Hour
Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:41 Thu, 28 Feb 2019
OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat oudergewoonte op ‘n Donderdag met Chris Derksen oor die pryse wat behaal is vir lewende hawe op veilings.
Derksen versprei weekliks dié pryse sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om ingeligte besluite te maak met die verkoop of aankoop van lewende hawe. Boere kan dié inligting gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere op 'n veiling kan behaal. Dit dui ook aan wat kopers bereid is om vir diere te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Derksen sê die mark reageer meer positief oor die bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo weens van die uitvoerlande wat weer die invoer van Suid-Afrikaanse vleis toelaat. Nog ‘n positiewe bydrae was kopers wat lewende hawe vir belastingdoeleiendes in die laaste week van Februarie aangekoop het. Dit gaan egter van korte duur wees want dié kopers gaan waarskynlik in Maart nie aankoop nie.
Dit was Chris Derksen wat die veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
