Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Thu, 28 Feb 2019
OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die Landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Laubscher praat oor 'n verslag van die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie (FAO), waaraan 94 lande oor die wêreld heen deelgeneem het. In die verslag is daar ernstige kommer oor “kwynende biodiversiteit”, wat die rol van landbou en ander herwinbare bronne in die kosverskaffing bedreig. Hy sê daar is nou bewyse van betekenisvolle afnames in biosekuriteit en as dit eers verlore is, kan dit nie herwin word nie. Volgens hom is dit die eerste verslag van sy soort waarin die status van biodiversiteit en die rol daarvan in terme van landbou hervat word. Die verslag is van groot nut omdat hulpbronne in kosproduksie beskerm moet word.
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
