On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#eetplaaslikehoender: Senwes-veldtog mik op die verbruik van plaaslik geproduseerde produkte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:31 Fri, 01 Mar 2019

#eetplaaslikehoender: Senwes-veldtog mik op die verbruik van plaaslik geproduseerde produkte | News Article
Francois Strydom FOTO: Senwes

Senwes stuur Vrydag ‘n veldtog van stapel wat op Suid-Afrikaanse kommoditeite fokus en verbruikers aanmoedig om plaaslik geproduseerde produkte te koop.


Die Senwes-groep se hoof-uitvoerende beampte, Francois Strydom, sê die veldtog gaan op sosiale media gedryf word. Dit gaan behels dat Senwes-werknemers “selfies’ op sosiale media plaas, en wys hoe hulle Suid-Afrikaanse produkte geniet.  Strydom sê dié veldtog begin met hoenderproduksie in Suid-Afrike en het ten doel om plaaslike pluimvee-produsente te ondersteun, wat onder druk is weens die internasionale invoer van produkte.



Die hutstekens, eatlocalchicken en eetplaaslikehoender is van toepassing. Volgens hom is Senwes se meer as 4000 werknemers oor die land heen deel van die veldtog omdat dié groep ook ‘n betrokkene in die waardeketting is. Senwes-werknemers word ook daardeur bewus gemaak van hoe belangrik die werk is wat hulle lewer en die rol wat hulle in die waardeketting speel, sê hy.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.