Agri Hour
SA beesvleisuitvoer na China goed sedert ooreenkoms gesluit is─── 06:57 Mon, 04 Mar 2019
'n Handelsooreenkoms met China sorg vir positiewe resultate in die vleisbedryf.
Die Suid-Afrikaanse beesvleisbedryf het die aandag op hom gevestig gekry ná die Internasionale Invoer-ekspo.
Suid-Afrika en China het reeds in 2017 'n handelsooreenkoms gesluit wat Suid-Afrika toelaat om beesvleis na dié land uit te voer. Beefmaster sê sedert die ooreenkoms het sy uitvoer na China verdubbel.
OFM se Pieter Möller doen verslag...
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn.
OFM-nuus
