On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Saai tree in belang van familieboerderye op

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 06 Mar 2019

Saai tree in belang van familieboerderye op  | News Article

Daar is gemengde sienings in landboukringe oor die Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel Saai, wat onlangs bekendgestel is.


Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, sê die organisasie spits hom toe op familieboerderye en is tot die beskerming en bevordering van dié boere se regte, waardes, ideale en behoeftes in die primêre produksiesektor verbind. Saai gaan as ‘n nasionale eenheidstruktuur bestuur word en gaan direk met sy lede kommunikeer. Saai is ook in die proses om samewerkings- en netwerkooreenkomste, en wedersydse ondersteuning met landbou-ondernemings, bedryfsorganisasies, navorsingsinstellings en landbou-organisasies te formuleer.

Saai sal deurentyd optree in die belang van familieboerderye. Hy sê verder Saai is bewus van die droogtetoestande en die letsel wat dit laat. Daar is klimaatsverwante rampe wat meer intens raak en daar sal gekyk moet word na ‘n meganisme om boere wat slagoffers van die natuurrampe is, weer op die been te kry. Hy sê Saai sal sy vingers stomp werk in dié stryd. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Jager gepraat.

Dit was dr. Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, slegs op OFM.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.