On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

TLU SA se ledetal het vanjaar gestyg, Saai nie ‘n bedreiging nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:00 Wed, 06 Mar 2019

TLU SA se ledetal het vanjaar gestyg, Saai nie ‘n bedreiging nie | News Article

Die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU SA, is ‘n beginselvaste organisasie wat goed gestruktureerd is met boereverenigings en distrikslandbou-unies op grondvlak.


Dié organisasie se hoofbestuurder, Benny van Zyl, sê dit is belangrik dat boere nou besef dat die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, nie ‘n groot deel van hul behoeftes in die landboubedryf gaan kan aanspreek nie, juis omdat Saai nie strukture op grondvlak het nie.

Van Zyl sê hy voorsien nie dat TLU SA ‘n groot getal van sy lede gaan verloor nadat Saai op die been gebring is nie. Volgens hom het 577 nuwe lede al vanjaar by TLU SA aangesluit.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.