Agri Hour
TLU SA is nie ‘n regse organisasie, sê sy hoofbestuurder─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:26 Tue, 12 Mar 2019
Dit is 'belaglik' om aan te voer dat die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) ‘n regse benadering volg.
TLU SA se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê dié persepsie het in 1993 sy beslag gekry toe TLU SA en die destydse Suid-Afrikaanse landbou-unie se paaie geskei het. Volgens Van Zyl is daar toe gesê “die klomp regses het nou weggebreek.”
Van Zyl sê egter TLU SA is geskoei op ekonomiese beginsels. Die organisasie is ekonomies korrek en dít gaan op die einde van die dag die deurslag bied vir die land se ekonomiese groei. Hy sê sodra TLU SA ekonomies korrek en polities nie korrek is nie dan word hulle uitgekryt as ‘n regse organisasie…
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Dit was TLU SA se hoofbestuurder, Benny van Zyl, slegs op OFM.
OFM-nuus
