On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbouweekblad-konferensies fokus op herlewingslandboupraktyke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:50 Wed, 13 Mar 2019

Landbouweekblad-konferensies fokus op herlewingslandboupraktyke | News Article

Oeste en grondgehalte, asook die lewensgehalte van ‘n boer en sy afhanklikes, kan verbeter word met die toepassing van herlewingslandboupraktyke.


Dit is volgens dr. Ademir  Calegari, ’n herlewingslandboukundige, wat al in 47 verskillende lande werksaam was. Hy het op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie gepraat wat Maandag in Reitz in die Vrystaat begin het.

Dié konferensie, wat in samewerking met Graan SA en die Riemlandstudiegroep aangebied word, het Dinsdag geëindig.  Alani Janeke van Landbou.com doen verslag…



Steeds by Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie in Reitz in die Vrystaat

Die grootste struikelblok in die pad van verandering, asook vir herlewingslandbou, lê tussen mense se ore. Dit is volgens prof. Buz Kloot van die Universiteit van Suid-Carolina in Amerika, wat Maandag ‘n gasspreker op Landbouweekblad se eerste gewilde herlewingslandboukonferensie in Reitz in die Vrystaat was. 

Alani Janeke van Landbou.com doen verslag...



Dit was Alani Janeke van Landbou.com slegs op Before Dawn.  Die borge vir die konferensie op Reitz was Elim Kunsmis, Dekalb SA, VKB Landbou en Standard Bank.

Dié  Reitz-onferensie vorm deel van drie Landbouweekblad-konferensies oor herlewingslandboupraktyke in Suid-Afrika. Landbouweekblad, in samewerking met Graan SA en die Riemlandstudiegroep, se volgende konferensie vind Woensdag en Donderdag in Ottosdal in Noordwes plaas, waarna die laaste konferensie volgende week in Joostenbergvlakte naby Kaapstad aangebied word. 

Om weer na hierdie insetsels en ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.