Agri Hour
Boere moet volhoubaar kan boer wanneer grondhervorming in plek is─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:07 Wed, 13 Mar 2019
Grondhervorming gaan plaasvind in Suid-Afrika en betrokkenes is in die proses om vas te stel hoe dit gedoen gaan word.
Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, meen dit moet geskied op ‘n wyse wat volhoubaar is en sodat daar voedselsekerheid in die land is. Dit is nou belangrik vir organisasies soos GSA om vas te stel wat gedoen kan word om boere by te staan sodat hulle meer winsgewend kan produseer ná ‘n uitdagende twee jaar in die bedryf.
De Villiers het verlede week op GSA se jaarlikse kongres by Nampopark naby Bothaville in die Vrystaat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat…
Dit was Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA (GSA).
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
OFM-nuus
