On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Besproeiingsboere by Tierpoortdam is hoopvol vir stygende damvlak ná goeie reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:50 Thu, 14 Mar 2019

Besproeiingsboere by Tierpoortdam is hoopvol vir stygende damvlak ná goeie reën | News Article
FOTO: Geoview.info

Talle boere in groot gebiede van die Vrystaat en Noordwes slaak ‘n sug van verligting nadat goeie opvolgreën die afgelope naweek voorgekom het.


Veeboere in die Tierpoort-gebied, sowat 30km suid van Bloemfontein, is van die boere in dié provinsie wat juig oor die reën. Colin Vorster, 'n skaapboer, sê die gebied het sedert Saterdag meer as 100mm reën gehad. 

Opvolgreën was broodnodig in dié gebied waar boere hoofsaaklik afhanklik is van water uit die Tierpoortdam vir besproeiingsdoeleindes. Hy sê waterverbruik uit dié dam was die afgelope drie jaar ‘n groot uitdaging vir boere in dié gebied gewees. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vorster gepraat…



Dit was Colin Vorster, ‘n veeboer van die Tierpoort-gebied naby Bloemfontein.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.