Agri Hour
Boer help UV met navorsing oor dorperskape─── 12:25 Wed, 03 Apr 2019
‘n Bekende dorperskaap-teler van Noord-Kaap, gee interessante feite oor die spesifieke skaapras.
Charl Saunderson, ‘n landbouer van Kenhardt in die Noord-Kaap, vertel van die unieke kenmerke van dorpers en hoekom hulle so goed aard in die area. Hy vertel dat dit juis as gevolg van min reen in daardie deel van die land is, dat die ras so wonderlik aangepas het. Saunderson doen tans belangrike navorsing saam met die Landbou Fakulteit van die UV om reproduksie te verbeter. Interessante metings het ook gelei tot interessante resultate. ‘n Groot en gewilde produksieveiling vind ook hierdie Vrydag in Upington plaas.
OFM-nuus
