Agri Hour
Dit is noodsaaklik dat opkomende boere kommersieël produseer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:50 Tue, 28 May 2019
Daar is ‘n behoefte in Suid-Afrika aan die herinstelling van ‘n landboukredietraad.
Oudminister, Roelf Meyer, wat nou die direkteur van die In Transformation Initiative is, meen dit is ‘n “noodsaaklike tipe liggaam” wat kan help om ontwikkelende boere op die been te bring sodat hulle produsente word vir kommersiële doeleindes. Hy meen dié gedagte is in die proses om vorm aan te neem en kan bekendstaan as die landbou-ontwikkelingsagentskap.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat…
Dit was oudminister en die direkteur van die In Transformation Initiative, Roelf Meyer. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
