On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Betrokkenes hanteer Afrika-varkpesvirus in die Vrystaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Tue, 28 May 2019

Betrokkenes hanteer Afrika-varkpesvirus in die Vrystaat | News Article

Die Afrika-varkpesvirus moet nie verwar word met die siekte varkgriep nie.


Die voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum, dr. Pieter Vervoort, sê die Afrika-varkpesvirus is ‘n gasheerspesifieke virus wat sy oorsprong in wilde varksoorte het. Dit word dan na mak varksoorte oorgedra. Die siekte varkgriep is nie noodwendig ‘n virus wat van varke na mense oorgedra word nie. Hy sê indien mense varkgriep kry, is daar ‘n groot kans dat die virus van ander mense afkomstig is. Hy beklemtoon verder dat varkgriep nie deur vleis oorgedra word nie.

Die Afrika-varkpesvirus het vroeër vandeesmaand in Heilbron in die Vrystaat uitgebreek. Dit volg op die uitbreking van dié virus in Noordwes, Mpumalanga en Gauteng. Die gebiede is onder kwarantyn geplaas.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…



Dit was dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum slegs op OFM.

Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.