Agri Hour
Kouefront beweeg oor die sentrale binneland─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:43 Wed, 29 May 2019
'n Kouefront beweeg oor die sentrale binneland en die kwik kan vandeesweek op plekke in die Vrystaat daal. Swaar ryp word egter steeds nie verwag nie.
'n Voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se Bloemfontein-kantoor, Quinton Jacobs, sê reëntoestande kom ook voor in die suidelike deel van die Noord-Kaap en die Vrystaat. Ietwat warmer toestande word teen die naweek verwag met geen kouefronte wat volgende week in die sentrale binneland voorkom nie.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Dit was Quinton Jacobs, ‘n voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
