On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Suid-Afrika se varkkuddes word beskerm ná uitbreking van Afrika-varkpes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:41 Wed, 29 May 2019

Suid-Afrika se varkkuddes word beskerm ná uitbreking van Afrika-varkpes | News Article

Varkprodukte vir menslike verbruik is nie besmet nie, nadat die Afrika-varkpesvirus in verskeie provinsies in Suid-Afrika uitgebreek het.


Johann Kotzé, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO), sê abattoirs volg die nodige prosesse om dít uit te skakel, maar beklemtoon dat besmette varkvleis onskadelik vir mense is.

Hy sê dit is egter belangrik vir die bedryf om te verseker dat die proses rondom besmette vleis deeglik beheer word, sodat dié vleis nie die virus na nóg varkplase versprei nie. 

Dit is daarom noodsaaklik om Suid-Afrika se varkkuddes te beskerm sodat dié diere, wat van die virus vrek, nie in die komende jare uitgewis word nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...



Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.