On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:36 Thu, 30 May 2019

Wat sê die landbou-ekonoom Kobus Laubscher? | News Article
PHOTO: Bloemfontein Courant

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat soos oudergewoonte op ‘n Donderdag met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher. Hy sê die verlangsaming in hooflyninflasie in April vanjaar tot 4,4% en dié van kos (2,5%) het ontleders na oorsake daarvan laat kyk.


Veranderde aankooppattrone is volgens hom ‘n onderliggende faktor. Hy verwys na groot vervaardigers se jongste finansiële resultate wat toon 65% van verbruikers beweeg weg daarvan om aankope een keer per maand te doen. Hulle doen eerder verskeie aankope maandeliks aan die hand van prysvergelykings tussen handelsmerke. Daarmee saam koop 25% van die verbruikers handelsmerke aan te midde van goeie pryse en berg dit, terwyl 70% van die verbruikers aanbiedings met goeie waarde koop.



Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.