Agri Hour
Afrika-varkpesvirus raak kleinboere, maar verspreiding daarvan word beperk─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:56 Thu, 30 May 2019
Kleinboere in Suid-Afrika, wat varke verloor weens die Afrika-varkpesvirus, se geldelike verlies skep 'n sosio-ekonomiese probleem in die land.
Johann Kotzé, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO), sê die kleinboere word eerste geraak, en al verloor hulle minder varke as die verlies wat kommersiële boerderye ly, word kleinboere se hele varkkudde steeds uitgewis. Hy sê elke plaaslike varkboer se verlies is net so groot soos die van boere in lande soos China, wat nou groot varkgetalle weens dié varkpesvirus verloor.
Daarmee saam is kleinboere in Suid-Afrika se biosekuriteit, wat die enigste maatreël is wat 'n boer kan toepas om dié virus op sy plaas te voorkom, nie goed nie. Volgens hom het dié boere nie altyd die vermoë om dié maatreëls te volg nie, en daarom word hulle eerste geraak met uitbrekings, wat 'n sosio-ekonomiese probleem skep. Hy meen egter ondanks dít kry Suid-Afrika dit steeds reg om die uitbreking van dié virus te beperk deur goeie samewerking tussen alle betrokkenes, wat die staat insluit.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Kotzé gepraat…
Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
