Agri Hour
Agri SA wil met Thoko Didiza saamwerk─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Mon, 03 Jun 2019
Agri SA sien uit daarna om nou saam met die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, te werk.
Dié landbou-organisasie se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê Didiza is ‘n ou hand in die landboubedryf nadat sy in die Thabo Mbeki-administrasie die minister van landbou was.
Hy meen Didiza is meer pragmaties ingestel, veral oor die grondkwessie en ander omstrede kwessies soos die onteiening van eiendom sonder vergoeding. “Ons wil met haar saamwerk.
"Ons het baie oplossings wat ons reeds na die tafel gebring het. Goed wat kan werk,” sê Rheede.
Hy hoop egter dat Didiza die welwillendheid gaan raaksien wat boere tot haar sal beskikbaar stel as sy meer beleidsekerheid kan verskaf.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rheede gepraat…
Dit was Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, slegs op OFM. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk slegs op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
